Cederberg Kunstefees 2010 Cederberg Kunstefees 2010
Clanwilliam Cederbergbees 2010 Clanwilliam Cederbergbees 2010
Clanwilliam Cederbergbees 2010
Agtergrond
Doelstellings
Borge
clanwilliam cederbergfees
clanwilliam cederbergfeesPROGRAM 2010
Volledige Program
Musiekproduksies
Toneelstukke
Letterkunde
Kunsuitstallings
Praatjies & Gesprekke
HUISGENOOT Kuiertuin
clanwilliam cederbergfees
Stalletjies
Feesterreinkaart
Roetekaart
Skakels
clanwilliam cederbergfees
Kontakpersone
Navrae & Besprekings
Agtergrond Cederbergfees Clanwilliam Agtergrond

Die Cederberg Kunstefees het aanvanklik in 1997 as die Leipoldtfees bekend gestaan en is genoem na C. Louis Leipoldt, 'n dokter, skrywer en digter wat in Clanwilliam grootgeword het.  Hierdie literêre figuur met vele talente het 'n ikoon van die Afrikaanse kultuur geword.  Die fees was oorspronklik 'n viering van sy literêre werk, resepte en die algemene kultuur waarin hy groot geword het. 

Die fees het verder uitgebrei onder die invloed van nog 'n Clanwilliam boorling, wyle Tolla van der Merwe.  Tolla, alombekende storieverteller was in sy laaste lewensjaar die beskermheer van 'n storievertelprogram waartydens storievertellers soos Tolla, Pieter van der Westhuizen, Nico Nel, Allan Hughes, Ollie Viloen en Tolla se seun, Wicus opgetree het. Ter nagedagtenis aan Tolla het die feeskomitee besluit om Tolla se Stoep ('n gratis straatprogram) 'n jaarlikse instelling te maak om jong storievertellers te identifiseer en te help ontwikkel in die geselskap van gevestigde storievertellers.


Stalletjies, wedstryde, vertonings, opvoerings en enterpreneurskap het verder tot die basis van die fees bygedra.  Die Cederberg Kunstefees wat jaarliks gedurende die eerste week in Mei in Clanwilliam plaasvind, se hoof doelwit is om die kunste na die platteland te bring.  Verder omvat dit die viering van 'n streekkultuur, ontwikkeling van ekonomiese groei en die uitdaging vir transformasie.  Die fees is alombekend om sy Afrikaanse kultuur.  Die uitdaging vir transformasie en sosio-ekonomie-se versterking blyk in die verandering in die fees se inhoud, nl. die verskuiwing van 'n eksklusiewe Leipoldt gefokusde viering van kulturele erfenis tot 'n geleentheid en uitnodiging vir almal om deel te neem.  Die fees vervul die behoefte van die huidige gemeenskap vir blootstelling van plaaslike talent en enterpreneurskap.

Die jeug speel veral 'n belangrike rol.  Deur wedstryde op skoolvlak aan te bied en algemene deelname aan te moedig, weerspieël die feesinhoud eienaarskap deur alle gemeenskappe.

Die fees wat besoekers van vêr lok gee blootstelling aan die plaaslike industrieë en kultuur.  Die belangrikheid en sukses van die fees het die klem laat verander van ad hoc- tot langtermynbeplanning en het gelei tot die daarstelling van 'n Artikel 21 Maatskappy.  Sodoende word voldoen aan die vereistes vir doeltreffende finansiële en administratiewe ondersteuning.

Een van die fees se doelwitte is ook om surplusse wat uit die fees voortspruit aan gemeenskaps-projekte beskikbaar te stel.

Tydens die 2002 Cederberg Kunstefees het die fees internasionale erkenning verkry toe die eerste C. Louis Leipoldt-prijs van die Maatschappij der Nederlandse letterkunde vir die bestudering van die Afrikaanse Letterkunde ('n internasionale letterkundeprys ter waarde van 3 500 euro) aan prof. J.C. Kannemeyer tydens de Leipoldt-ete oorhandig is.


VISIE


Om deur die Cederberg Kunstefees, kuns, kultuur en vermaak na die area te bring en sodoende besoe-kers te lok wat sal bydra tot bevordering van die streek en volgehoue ekonomiese groei.